KYK, KIES & BEL - DIGITALE WILDSWERF

DIS SO MAKLIK…

  • Verkopers stuur NWWT foto's, 'n beskrywing van die dier en sy huidige ligging, asook die verwagte prys van die dier.
  • Hierdie inligting word saamgevat en op 'n elektroniese katalogus geplaas wat beskikbaar is op al NWWT se elektroniese platforms.
  • As 'n potensiële koper kan jy deur die verskillende lotte gaan. As jy die prys van 'n spesifieke lot aanvaarbaar vind, kontak asseblief NWWT per telefoon of Whatsapp om die koop te bevestig.
  • Die lot sal dan deur NWWT as verkoop beskou word.
  •   Jy sal gekontak word om die nodige dokumentasie te voltooi en die aankoop te bekragtig.
  •   Die koper se inligting sal dan aan die verkoper gestuur word en die lewering sal deur beide partye gereël word.
  • Die prys wat u sien is die prys wat u betaal. Neem kennis: BTW, versekering en vervoer uitgesluit by die prys op NWWT se platform 
  • U hoef nie elke keer terug te gaan om u aanbod te verhoog op ‘n lot nie - m.a.w. dus nie n elektroniese veiling nie 
  • Die verkoper kan dan makliker beplan want hy weet hy het reeds verkope op sy diere vir lewering na die grendeltyd 
  • Beplanning met betrekking tot kostes word vergemaklik agv die koopbewys wat die verkoper in hand het (na grendeltyd)
  • Daar is geen risiko vir beide partye. (Indien lewering nie kan plaasvind as gevolge van welke rede.)
  • Kontak NWWT indien u meer inligting wil verkry by franco@nwwt.co.za 
  • Stuur u inligting aan na of per whatsapp na 083 380 1890

NWWT gee om vir u as wildboer, neem die geleentheid dan met ope arms aan.

AANBIEDING OPEN 27- 28 Augustus 2025 OM 08:00

’n Skakel vir die wildswerf sal op die dag van die aanbieding hier beskikbaar wees asook op ons Facebook blad, Whatsapp, per SMS en E-pos. Geen vooraf registrasie is nodig nie

Kontak my

Mobile Screen Button +27 83 380 1890               Paper Plane info@nwwt.co.za 

BELEGGING IN WILD DEUR GESONDE BESIGHEIDSBEGINSELS

Copyright: NWWT© 2022