Prys Oppi-Deur

2024

NORTH WEST WILDLIFE TRADERS

Franco Joubert 083 380 1890

Hoe werk die platform?

  • Verkopers stuur aan NWWT die foto, beskrywing van en waar die dier tans is asook die dier se verwagte prys
  • Al die inligting word dan saamgevat in ‘n elektroniese katalogus wat op al NWWT se elektroniese platforms beskikbaar sal wees 
  • U as potensiële koper gaan dan deur die lotte, en indien u die prys op ‘n bepaalde lot aanvaarbaar vind, kontak asseblief NWWT per telefoon of Whatsapp en bevestig dat u die lot wil koop 
  • Die lot sal dan as verkoop ge-ag word deur NWWT 
  • U sal dan gekontak word om die nodige dokumentasie te voltooi om die koop te bekragtig 
  • Die koper se inligting sal dan aan die verkoper gestuur word en die lewering word dan verder deur die betrokke 2 partye gefinaliseer.

Voordeel van die sisteem

  • Die prys wat u sien is die prys wat u betaal. Neem kennis: BTW, versekering en vervoer uitgesluit by die prys op NWWT se platform 
  • U hoef nie elke keer terug te gaan om u aanbod te verhoog op ‘n lot nie - m.a.w. dus nie n elektroniese veiling nie 
  • Die verkoper kan dan makliker beplan want hy weet hy het reeds verkope op sy diere vir lewering na die grendeltyd 
  • Beplanning met betrekking tot kostes word vergemaklik agv die koopbewys wat die verkoper in hand het (na grendeltyd)
  • Daar is geen risiko vir beide partye. (Indien lewering nie kan plaasvind as gevolge van welke rede.)

Wat moet u as Verkoper doen om deel te wees van die bemarkingsgeleentheid?


Kontak NWWT indien u meer inligting wil verkry of info@nwwt.co.za stuur u inligting aan na of per whatsapp na 

083 380 1890


NWWT gee om vir u as wildboer, neem die geleentheid dan met ope arms aan.

ONDERSTEUN ASB ONS BORGE

•    Mbare

•    Afrivet 

•    Millvale Game Breeders

•    Amaris Game Breeders

•    BP Boschfontein, Rex Area

•    TAU Voere

•    Tusk Super Maize Meal

KOPIEREG VOORBEHOU: NWWT

NORTH WEST WILDLIFE TRADERS © 2025