KOOP PLATVORM GEBRUIKSAANWYSINGS

REËLS & TERME

  • Volg die skakel aan die onderkant. 
  • Kies die veiling (“Display roll”/ Place your bid”) onder aan die skerm.
  • Teken aan (Log in) as u alreeds geregistreer het.
  • Of kies “Register as a new user” as u ‘n nuwe gebruiker is.
  • Skep ‘n nuwe rekening deur al die kassies in te vul.
  • Onthou u Toegangskode sowel as die PIN kode wat u gekies het - u gaan die PIN-kode moet gebruik om te kan koop.
  • Na registrasie sal u ‘n OTP kode ontvang op u foon waarmee u die registrasie mee moet voltooi/aktiveer voordat u kan koop.
  • Teken weer aan (Log in) met die e-pos adres wat u gebruik het vir registrasie en die sleutelwoord wat u gekies het.
  • Nadat u aangeteken is (Logged in) kies dan weer die “Display Roll/Place your bid”onder aan die skerm.
  • Die rol sal verskyn waarop u aan die onderkant van elke lot in rooi “BUY THE LOT” sal sien - indien u hierop druk met u vinger sal die stelsel dit aanvaar dat u daardie spesifieke lot wil koop.
  • Die prys per lot is die prys wat u betaal.
  • U sal ‘n SMS ontvang wat bevestig dat u die lot gekoop het en dit só op die stelsel aangebring is.
  • Niemand anders kan dieselfde lot koop as u eers ‘n SMS ontvang het nie.
  • NWWT sal u kontak, dmv die inligting wat u verskaf het, om die transaksie te finaliseer deur betaling en aflewering te reël.
  • As u die “BUY THE LOT” opsie gekies het, is die koop bekragtig en word dan as wettig beskou en gehanteer. 
  • Die SMS wat u ontvang het is u bewys dat u die wettige koper van die betrokke lot is.
  • BTW, Vervoer en Versekering is uitgesluit by die prys op die skerm/per lot.
  • Daar is ook ’n opsie om ’n aanbod te maak per lot, deur  die “or MAKE AN OFFER” in blou letters te kies.
  • Tik u aanbodbedrag in en u PIN-kode en stuur.
  • U sal ’n SMS ontvang om u aanbod te bevestig, en wanneer u aanbod aanvaar of afgewys word.
  • Indien u aanbod aanvaar is sal die prosedures vir die finaliseering van die transaksie soos hierbo gemeld, geskied

​

KLIK OP DIE SKAKEL HIERONDER OM TE REGISTREER EN TE KOOP

BESOEK die KOOP PLATVORM