Goeiedag Wildevriende


Nog 'n jaar het verby gevlieg, baie welkom in 2022.


Die jaar 2021 het baie hartseer, onsekerheid en veranderinge in elkeen van ons se lewens gebring! Die toekoms is nog onseker, maar elkeen van ons het aangepas en veranderinge aangebring om die onvoorspelbare te probeer hanteer.


NWWT het ook baie aanpassings gedoen om u as NWWT kliënt te akkommodeer en bemarking van u wild te vergemaklik. Tyd is kosbaar en alhoewel lewendige veilings van wild in die bomas 'n aangename en opwindende geleentheid bring tydens die veiling, het dit ook sy eie nadele en risikos.


Die "Prys Oppi-Deur" elektroniese aanbieding van diere, waar pryse gesien word waarvoor die diere aangebied word, is 'n groot omwenteling in die wildbedryf. 


Die voordele is legio en sluit die volgende in:

  • Die prys per dier wat jy sien, is die prys wat jy betaal (uitgesluit btw, vervoer en versekering)
  • Geen vermorsing van tyd of verniet ry aangesien die reserwe prys nie behaal word en die dier(e) nie verkoop is nie. 
  • Die voordeel vir die Verkoper is ook dat hy nie nou vasgevang is in 'n gedwonge situasie waar hy diere dan moontlik nou moet verkoop teen 'n onrealistiese lae prys nie.
  • U hoef nie bekommerd te wees dat u teen 'n sogenaamde "SPOOKBIEËR" gaan meeding vir die lot nie.
  • Geen onnodige vang of skuif van diere na 'n boma en indien diere nie verkoop is nie, weer ná die veiling teruggeskuif moet word nie, m.a.w dit beperk mortaliteite, besering en onnodige stres op die diere.
  • Die beplanning tov van bemarking en vangskoste kan vooraf beter bepaal word ten einde by die verkoopsprys uit te kom, wat weer winsgewendheid verseker.
  • Geen oorbetalings aan Verkopers alvorens diere nie gelewer is op Koper se vervoer nie.
  • Indien diere nie gevang of gelewer kan word nie, word geld dadelik terugbetaal aan Koper.
  • Die platform is baie goed ontwikkel, en gee baie goeie inligting asook 'n stem beskrywing van sekere lotte. Dus kry u dieselfde inligting wat u op 'n lewendige veiling sou ontvang het. U kan dus 'n ingeligte besluit neem sonder dat "veilingskoors" u beetpak.
  • Verkopers se name is vir hulle belangrik, en sal dus alles doen om diere te lewer. NWWT voel sterk dat hierdie nie 'n Bemarkingsplatform vir Verkopers is nie, maar wel 'n Verkoopsplatform waar diere werklik aangebied word teen markverwante pryse.
  • Geen blootstelling aan COVID of ander onaangename toestande soos slegte paaie, naweke kan u dus gebruik vir meer kosbare tye langs kinders se sportveld of saam met familie op die plaas.


Hoe werk die platform?

  • Diere word opgedeel in lotte soos ontvang van Verkopers.
  • Pryse per dier word aangedui by elke lot - u bie dus glad nie.
  • Die EERSTE Koper wat die prys vir 'n spesifieke lot aanvaar, kontak NWWT en dui aan dat Koper die Prys en Voorwaardes aanvaar. Die lot is dan verkoop en word so aangedui op die platform. Dit is dus belangrik dat u nie wag as die prys vir u aanvaarbaar is nie.
  • Die aanbieding strek gewoonlik so tussen 2 tot 3 dae. 
  • Die elektroniese katalogusse word versprei op NWWT se bemarkingsplatforms en word deur baie potensiële Kopers ontvang.
  • Die normale betalingsprosedure word gevolg, en sodra betaling ontvang is, gee NWWT die Koper se besonderhede deur aan die Verkoper. Reëlings vir lewering geskied dan tussen Verkoper en Koper.


NWWT gaan ook verseker nog lewendige veilings aanbied waar kliënte die versoek tot NWWT rig, maar die veilings sal gewoonlik aangebied word by Verkopers se plase of "venue" van hulle keuse.


Kontak gerus vir NWWT met enige vrae of om ons deel te maak van u wildbemarkings plan.


Die beplande datums van NWWT se "Prys Oppi-Deur" aanbiedinge sal beskikbaar wees op NWWT se Webtuiste en Facebook blad


Voorspoedige 2022

BELEGGING IN WILD DEUR GESONDE BESIGHEIDSBEGINSELS

Copyright: NWWT 2018 / PRIVAATHEIDSBELEID /PRIVACY POLICY

This website makes use of cookies. Please see our privacy policy for details.

OK